Sagte Stilte

Ek voel die leegte om my,
'n vlientende oomblik
tussen wat was en wat is -
'n sagte stilte
wat fluister met gevoel.

Tree vir tree
stap ek hierdie strate wat my voete nou ken,
in 'n plek waar ek nou alleen is -
opsoek na iets;
'n leegte wat ek kan noem,
'n skadu wat my bybly en verlaat.

Stap vir stap,
trek my hart stadig terug,
van iets wat ek voel,
maar nog nooit durf aangeraak het nie;
kwesbaar, sag,
soos 'n skerp sny in die donker.

Vasgevang in hierdie oomblik;
my gedagtes hardloop weg van my.
Deur die gapings van hierdie sagte stilte,
deur die afstand wat my skei, en tog so na is.

Saturday, the 21st of June, late night.