Ek sien die leegte om my,
'n vlietende oomblik
tussen wat was en wat is -
'n harde stilte
wat fluister sonder klank.
Tree vir tree
stap ek hierdie strate wat my voete ken,
in 'n plek waar ek nog nooit was nie -
opsoek na iets;
'n leegte wat ek nie kan noem nie,
'n skadu wat my bybly en verlaat.
Stap vir stap,
beweeg my hart stadig nader,
aan iets wat ek voel,
maar nog nooit durf aangeraak het nie;
kwesbaar, sag,
soos 'n skerp sny in die donker.
Vasgevang in hierdie oomblik;
my gedagtes hardloop weg met my.
Deur die gapings van hierdie harde stilte,
deur die afstand wat my skei, en tog so na is.
~ s. vr